Jou lewe is 'n lofgedig, geskryf tot Sy eer. Sorgvuldig elke woord gekies, soos die reënboog se kleur. Jy's beplan in die hemel, verteenwoordiger van God. Sorgvuldig aan mekaar geweef om te leef met een gebod. Mag jy omgee en liefhê en so sy beeld uitdra in 'n wêreld wat verward is en na ware liefde vra. Mag jy omgee en liefhê en so sy Naam vereer by almal wat op soek is na die antwoord op hul seer. Jy's gebore in die wêreld, maar gemaak vir 'n paradys, om te lag en te lewe, soos 'n prins in 'n paleis. So waarom dan die sonde waaraan jy so bly klou, wat steeds Sy beeld vernietig en jou vreugde stukkend kou? Mag jy omgee en liefhê en so sy beeld uitdra in 'n wêreld wat verward is en na ware liefde vra. Mag jy omgee en liefhê en so sy Naam vereer by almal wat op soek is na die antwoord op hul seer. Onthou, jy's 'n beeld van God wat kan skitter soos kristal om die wêreld te herinner daar's 'n God in die heelal. Kom dan nou en vat Sy hand en leef soos sy kind wat Hy self gemaak het, en jy sal vreugde vind. Mag jy omgee en liefhê en so sy beeld uitdra in 'n wêreld wat verward is en na ware liefde vra. Mag jy omgee en liefhê en so sy Naam vereer by almal wat op soek is na die antwoord op hul seer. by almal wat op soek is na die antwoord op hul seer.О Господь веди мой челн lnsjd ạ̉mạmk Gesù ti ama dwsy yạ nfsy bʿz - mwsyqy̱ МЕСИЯ ИСУС ХРИСТОС Тоз е денят на Господа ГАПЫНЫ АЧСАН Это был Ангел Priď ó Ježiš príď Tvůj plamen
Song not available - connect to internet to try again?