Bring aan die volke die boodskap van hoop en bevryding! So sê die Here, verkondig al verder die tyding: "Daar is my kneg! Hy bring aan nasies die reg - volg Hom getrou in sy leiding." Hy, die geliefde, die enigste daartoe verkore, ly vir ons sonde en red ons, in sonde verlore. Die Kind word Kneg! Hy neem ons sondeskuld weg ons word in Hom weergebore. Hy wat verstaan, sal die riet wat geknak is, nie breek nie. Hy laat die swakke, verdrukte nie vrugteloos smeek nie. Die Kneg is Heer! Duisende wag op sy leer - laat ons hul nood nie vergeet nie. As Hy ons roep tot sy diens - hoe sal ons dit mag weier? Hy is almagtig, genadig, die troue bevryder. Christus gee krag, klee ons met koningsgesag - Hy is ons Koning en Leier.J'aime mon Dieu Bu Dünya Веди меня Господь мой Свет تمسك إيدي Я Есмь Лоза Cand seninul mi se stinge Благодать Rut La Moabita యేసే నా ఆశ్రయము - యేసే నా ఆధారము تعليق 5 - مين الكسبان ؟
Song not available - connect to internet to try again?