Bring lof aan die Vader, verheerlik die Seun, Vir liefde, genade, verlossing en steun - Dat elkeen wat glo nie verlore mag gaan Maar ewig voor Hom as verloste kan staan. Loof die Heer, loof die Heer - sing, gelowiges, saam! Loof die Heer, loof die Heer - prys sy heilige Naam! Hy kom uit genade ons sondes versoen Dat ons Hom vrymoedig ons Vader kan noem. Ons lof aan die Skepper wat altyd getrou Sy kerk hier bewaar, dit vernuwe en bou - Ons bly inspireer en ons stuur deur sy Gees Om sout en om lig vir die wêreld te wees. Loof die Heer, loof die Heer - sing, gelowiges, saam! Loof die Heer, loof die Heer - prys sy heilige Naam! Hy kom uit genade ons sondes versoen Dat ons Hom vrymoedig ons Vader kan noem. Ons lof, ons aanbidding, o Vader, ons lied Is nietige klanke, deur kinders gebied. Tog sien U ons nood en verhoor ons gebed - Oneindig die liefde wat U vir ons het. Loof die Heer, loof die Heer - sing, gelowiges, saam! Loof die Heer, loof die Heer - prys sy heilige Naam! Hy kom uit genade ons sondes versoen Dat ons Hom vrymoedig ons Vader kan noem. Loof die Heer, loof die Heer - sing, gelowiges, saam! Loof die Heer, loof die Heer - prys sy heilige Naam! Hy kom uit genade ons sondes versoen Dat ons Hom vrymoedig ons Vader kan noem.Grande eres Dios Błogosławię Cię Skało moja De esti orfan in viaţa ta frḥẗ wfrḥẗ Господи, Господи Кров Христа (дитяча) كىممىن مەن، بۇكىل الەم پاتشاسى Bože lásky, Otče večný! Sunt doar un biet pribeag prin lume Аллахън Келамъ
Song not available - connect to internet to try again?