Bring lof aan die Vader, verheerlik die Seun, Vir liefde, genade, verlossing en steun - Dat elkeen wat glo nie verlore mag gaan Maar ewig voor Hom as verloste kan staan. Loof die Heer, loof die Heer - sing, gelowiges, saam! Loof die Heer, loof die Heer - prys sy heilige Naam! Hy kom uit genade ons sondes versoen Dat ons Hom vrymoedig ons Vader kan noem. Ons lof aan die Skepper wat altyd getrou Sy kerk hier bewaar, dit vernuwe en bou - Ons bly inspireer en ons stuur deur sy Gees Om sout en om lig vir die wêreld te wees. Loof die Heer, loof die Heer - sing, gelowiges, saam! Loof die Heer, loof die Heer - prys sy heilige Naam! Hy kom uit genade ons sondes versoen Dat ons Hom vrymoedig ons Vader kan noem. Ons lof, ons aanbidding, o Vader, ons lied Is nietige klanke, deur kinders gebied. Tog sien U ons nood en verhoor ons gebed - Oneindig die liefde wat U vir ons het. Loof die Heer, loof die Heer - sing, gelowiges, saam! Loof die Heer, loof die Heer - prys sy heilige Naam! Hy kom uit genade ons sondes versoen Dat ons Hom vrymoedig ons Vader kan noem. Loof die Heer, loof die Heer - sing, gelowiges, saam! Loof die Heer, loof die Heer - prys sy heilige Naam! Hy kom uit genade ons sondes versoen Dat ons Hom vrymoedig ons Vader kan noem.Du großer Gott wenn ich die Welt БОЖЕ МОЙ О ТАТКО МОЙ bḥbk rby yʿzf qlby Верю и не верю قف يا جندي جانب الصليب أفراح القلب Когато вихър върху мен слети Атың Сенин Балдай Таттуу Tak sa raz už rozhodnite! dà hǎi zhōng de bō làng a kě yǐ fān lái fù qù
Song not available - connect to internet to try again?