Ek wil kom stil word, Hier aan U voete; Ek wil kom hoor Wat U vir my sê Ek wil kom oopmaak Vir U Gees, Heer As ek my vrae Voor U kom lê Want soveel mense Sterf sonder Jesus Soveel mislei Na die ewige dood Daar's soveel oorvloed, selfsug en rykdom Wyl ander ly In hongersnood Ek wil kom vra, Heer Wat van die kinders Wat nood en lyding Glad nie verstaan? Wat van die mens Wat stukkend en seer is? Wat van die een wat eensaam vergaan? As ek dan vra, Heer "Waar is U liefde?" Moet ek erken, Dit lê nog by my Hier in my selfsug Stap ek gevoelloos By nood en seer Van mens verby Maak my 'n beeld van Jesus se liefde Om in die nood U Hande te wees En ek gee myself Aan U as 'n offer Onder beheer Van die Heilige Gees Hier staan ek voor U, Net soos Jesaja Raak my nou aan Met U Heilige Vuur Sodat ek oral U liefde kan uitdra Hier is ek, Heer, U kan my stuur! Hier is ek, Heer, U kan my stuur!xī biān yǒu tiáo fā guāng de lù موسيقى За тихой рекою Kiiruhda rakkaan Jeesuksen luo Видзӧда вылӧ, вылӧ енэжас В часы тревог унынья и сомненья Мне надоело Hunger + Thirst Tek Allah'a İnanırız 约瑟的故事
Song not available - connect to internet to try again?