Ek neem elke gedagte in hegtenis Wat teen my doel op aarde is Ek smyt hom uit, smyt hom uit Voetsek gedagte - dis my beleid Ek sal elke gedagte gevange neem Wat my van God se wil vervreem Vat jou goed, kry jou ry Christus woon in my Gedagte-polisie neem in jou posisie Gedagte-polisie ... weet wat is jou missie Ek het 'n bouncer wat my tempel bewaak Gedagte-uitsmyter: dis sy taak Gedagte-polisie hou die tempel skoon Hier waar Christus in my woon Gedagte-polisie vat die vyand vas Elke gedagte wat nie pas Voetsek vaaljas, kry jou ry Christus woon in my Gedagte-polisie neem in jou posisie Gedagte-polisie ... weet wat is jou missie Daar ry 'n taxi voor my in Daar gaan die gedagte-stryd begin Jy gaan nie vandag my vrede steel Ek gaan Christus met jou deel Daar kom daai argument wat ek wil wen Daar kom die woede wat ek so goed ken Gedagte-mes wat ek in jou wil steek Ek gaan daai patroon nou breek Gedagte-polisie neem in jou posisie Gedagte-polisie ... weet wat is jou missie Elke gedagte wat jou vrede steel Smoor hom in die kiem, voordat hy aan kan teel Elke gedagte wat jou bang wil praat: "Die Here het my lief, hy sal my nooit verlaat" Elke gedagte wat jou wil laat vrees: "Die Here is my herder, hy sal by my wees" Elke gedagte wat nie in jou hoort: Vervang dit met God se Woord Gedagte-polisie neem in jou posisie Gedagte-polisie ... weet wat is jou missie Elke gedagte wat jou vrede steel Smoor hom in die kiem, voordat hy aan kan teel Elke gedagte wat jou bang wil praat: "Die Here het my lief, hy sal my nooit verlaat" Elke gedagte wat jou wil laat vrees: "Die Here is my herder, hy sal by my wees" Elke gedagte wat nie in jou hoort: Vervang dit met God se Woord Gedagte-polisie neem in jou posisie Gedagte-polisie ... weet wat is jou missie Voetsek vaaljas kry jou ry Jesus Christus woon in my Voetsek vaaljas kry jou ry Vat jou vliee en gaan wei Want jy hoort nie hier nie Ek gaan jou nie dien nie Is jy hier vir 'n reunie Ek wil jou nie sien nie Is jy hier vir 'n oudisie Wie gee jou permissie Ek vra nie eers ekskuus nie Ek roep net die polisie Jesus Christus binne my Jesus Christus binne my Dit is waarvoor ek baklei Dit bepaal wie bly of gly Jesus Christus binne my Jesus Christus binne my Dis wat my laat lekker kry Dis al waaroor dit gaan vir my Gedagte-polisie neem in jou posisie Gedagte-polisie ... weet wat is jou missie Weet wat is jou missie, weet wat is jou missie Gedagte-polisieqd ạrtfʿt sydy mạ ḥyạty Jeg vet at Jesus lever Doamne fa al meu cuvânt Күз де келді сарғайды жапырақ Nikdy nekončící milost أنا مغسول بدم يسوع Per la tua grazia Każdy człowiek Korkunç Bir Karanlıkta Yaşarken
Song not available - connect to internet to try again?