Die lewe by ons is nogal soet Maar die wiele draai vir die kinders van Beiroet Die vroue in Kairo is moeg gewag vir later Die Koerde in Turkye vra: "Waar's die lewenswater?" Kan iemand hoor hoe hulle roep: Here gee ons gekruisigde hande wat gee Gekruisigde voete wat loop Waar U sou loop van myself gestroop 'n hart waarin waarheid kan groei En trane wat vryelik vloei As wortel diep Sy liefde groei. Die nuus op die TV laat my sug Ek raak dit al gewoond En ek draai my rug Maar 'n bedelaar in Indië Se oë is verwytend En deur Sy harde masker Sien ek sy oë is pleitend En Jesus vra waarom ek vlug Here gee ons gekruisigde hande wat gee Gekruisigde voete wat loop Waar U sou loop van myself gestroop 'n hart waarin waarheid kan groei En trane wat vryelik vloei As wortel diep Sy liefde groei. Ek weet dat iemand sal moet gaan Dat ander kan verstaan Ek weet dat iemand sal moet sterf Dat ander Hom kan erf Here gee ons gekruisigde hande wat gee Gekruisigde voete wat loop Waar U sou loop van myself gestroop 'n hart waarin waarheid kan groei En trane wat vryelik vloei As wortel diep Sy liefde groei. Sy liefde groeiՏերը Տվեց Մեզ Ամեն Բան De la croix, la grâce coule Ҳаллилуйя! Ликуйте, ликуйте! Иса балаларға айтты Wierzyć mnie Panie ucz Gypsy Girl Lurianne Krídla When I am in pain Rien ne trouble le silence
Song not available - connect to internet to try again?