[Intro] x 2 Wie sou kon dink dat eeue terug Soos die profete sê Uit Betlehem 'n Kind sou kom Wat in 'n krip sou lê En wie sou kon dink dat hierdie Kind Maria en Josef se seun Die sonde van hierdie wêreld Op Homself sou neem En wie sou kon glo dat hierdie Kind Wat lag, en speel, en sing Vir al Sy maatjies in die buurt En vir ons die lig sou bring En wie sou kon droom dat hierdie Kind Die wonder laat gebeur Dat dooies opstaan en dowes hoor En sondaars hul bekeer En wie sou kon raai dat hierdie Kind Vir 'n wêreld se pyn en nood As Verlosser aan 'n kruis sou sterf En opstaan uit die dood [Interlude] En o ek weet Ek weet dit gewis Dat hierdie Kind Die Redder is En o ek glo Ek glo dit gewis Dat hierdie Kind Ons hoop en redding is [Instrumental] Soos die jare kom en gaan Sedert daardie dag Soek die mensheid steeds na lig Nog nooit was dit só nag Volke veg teen volke Een broer teen 'n ander Wit teen swart, en swart teen wit Dit het nog nooit verander En soveel mense wêreldwyd Leef steeds in hongersnood En atoombomme, en vigs, en aborsies Maak miljoene mense dood En die dwaasheid van die mensheid Word die wysheid van die uur En strome vuil besoedeling Vernietig die natuur Maar te midde van al hierdie chaos O, wat ons glad nie meer kan keer Weet my hart verseker Hierdie Kind kom weer En o ek weet Ek weet dit gewis Dat hierdie Kind Die Redder is En o ek glo Ek glo dit gewis Dat hierdie Kind Ons hoop en redding is [Instrumental] Wie sou kon dink dat hierdie Kind Weer eendag terug sal keer Om as Regter te kom oordeel En as Koning te regeer Verstaan jy nou, o kan jy sien Wie hierdie Kindjie is Dat Hy die Regter, die enigste hoop Vir hierdie wêreld is [Outro]ạ̹nt gẖạly Dès le matin Я преклоняю колени Мы руки возлагали единою душой Амьдрал минь Таны نباركك يا ملكتنا Тебе я поклонюсь целуя Твои стопы Nelikten shóp ósedi? Я не знал Aceasta e ziua Domnului
Song not available - connect to internet to try again?