O Heer my God as ek in eerbied wonder En al U werke elke dag aanskou Die son en maan, die aarde, sterre, wolke, Hoe U dit elke dag so onderhou... Dan moet ek juig, my Redder en my God! Hoe groot is U, ... hoe groot is U! Want deur die hele skepping klink dit saam Hoe heerlik Heer U grote Naam! Ek sien die veld - die bosse, berge, vlaktes Ek hoor hoe fluister grasse, stroom en wind O Heer, U sorg vir klein, vir groot, vir alles en U sorg dag na dag vir my, U kind. Dan moet ek juig, my Redder en my God! Hoe groot is U, ... hoe groot is U! Want deur die hele skepping klink dit saam Hoe heerlik Heer U grote Naam! U maak ons deel van al U grootse werke. U laat ons bid, Heer, dat U ryk mag kom. En kom U weer, in heerlikheid op wolke, maak U volkome nuut U eiendom. Dan moet ek juig, my Redder en my God! Hoe groot is U, ... hoe groot is U! Want deur die hele skepping klink dit saam Hoe heerlik Heer U grote Naam! Hoe heerlik Heer U grote Naam!Radosťou je moje srdce celé naplnené, láskou k tebe, ó Mária Очи мои к горам إن فاض قلبي Hai Malaikat dari Sorga yswʿ ạ̉nt knzy ạlʿẓym يا مليك البر Я здесь Սուրբ Հոգի Հպվիր Դու Հոգուս Քո Ջերմությամբ Qachon xafa bo'lsam At the cross
Song not available - connect to internet to try again?