Hoor jy die Paasfeesklokke? Hul lui van vroegdag af; hul jubel oor die wêreld: Die Heer is uit die graf! Hy, Christus, die oorwinnaar, is uit die donker uit! Die Heer, die sleuteldraer, sal ook my graf ontsluit. Hoor jy die Paasfeesklokke? Die Heer het opgestaan! Hy het vir al ons sonde Hom aan die kruis laat slaan. In Hom is nuwe lewe, sy graf is leeg en oop. Hy gaan ons voor - verheerlik - en ons kan op Hom hoop! Hoor jy die Paasfeesklokke? Die Heer voer heerskappy - Hy heers oor alle dinge, sy bloed het ons bevry. Ons sal met Jesus opstaan, die lewenskroon verkry. Ons hoor die Paasfeesklokke wat oor die wêreld lui.Муҳаббатат, эй Падар Ще пея алелуя Ինչ Մեծ ես Դու Ով Իմ Աստված Жизнь дал من أسوي أي غلطة Таңрым, Халасгәрим Сен Minula již temná noc اليوم ولد لنا 예수 주 승리하심 찬양해 لما تكثر الدموع
Song not available - connect to internet to try again?