Loof die Here, al wat lewe wil Hom dank en hul-de bring - Hy het al ons skuld vergewe; ons 'n nuwe lied laat sing. loof Hom, prys Hom ! loof en prys Hom ! loof die Vader, God en Heer ! Loof hom wat in groot genade ons deur eeue heen be-hou; loof hom vir sy reddingsdade - vas kan ons op Hom vertrou. loof Hom, prys Hom ! loof en prys Hom ! Hy's genadig en getrou. Soos 'n vader sorg vir kinders, sorg die Heer vir wie Hom vrees. Hy vergewe hul oortredings en berei 'n vreugdefees. loof Hom, prys Hom ! loof en prys Hom ! laat ons Hom gehoorsaam wees ! Mense, soos die veld se blomme, bloei maar vir 'n korte tyd; ewig oor ons kleine kommer waak Gods goedertierenheid: loof Hom, prys Hom ! loof en prys Hom - e-wige ge-reg-tigheid. Loof die Here, maan en sterre, waar jul in die wydtes kring. loof Hom, engele en mense, almal wat Sy wil volbring ! loof Hom, prys Hom ! loof en prys Hom - O my siel, bly Hom besing !О образ совершенный yī shēng hái shì yào chuán fú yīn Сокрой своё горе от взоров чужих Verraton, sä rakkaus Herran Îsa Tu Min Qebûl Ke mn ly swạk yḥmyny Seguid a Jesús, andad en su luz Já vroucně miluji Rosu dajte, ó nebesá! La tierra está llena
Song not available - connect to internet to try again?