(Inleiding) Het ek jou al vertel, van die ou oom by die spoor In die huis met die sweep teen die muur - hy't die greep al verloor 4 slotte en 'n loergat, traliehek voor die deur "No hawkers / geen smouse," ek skiet jou sommer plat - mauser geweer Die geweer is gelaai, maar die sneller is koud Die kinders maak hom bang, die wind is aan die draai, sy hande is oud Elke nag kom die trein, oor die klop van sy hart Dekades van prente wat ruk deur sy brein: eers wit, dan swart Van perdekar tot pendeltuig; en nou wil almal hom oorreed Maar niemand wil verstaan nie: te oud om te verander, te jonk om te vergeet Hy't my nou die dag vertel: al die pyne in sy been Al die dinge om hom wat hom ontstel: waar gaan die wêreld heen Ek's 'n boer ek's 'n boer, ek sal alles daarvoor ruil Merinos, Dorpers, Angoras en Brahmane... toe't hy beginne huil Omgedraai en geloop, kamma kwaai, kamma sterk Sy laaste woorde aan my: vir watter baas moet ek nou werk? (4 bars) Ek klim weer af by die stasie Net te kyk, net te groet In my hand die bagasie En 'n doring in my voet En 'n doring in my voet ...(silent op 'voet')بذكرك نتغذى معا Сарнай цэцгэнд Tompo o, mba hasoavy Илтижо Вижу Бога каждый день Ҳудованднинг Руҳи Yaşam Amacım Sensin Borishim kerak boʻlgan Рожден для тебя Атың даңқталсын
Song not available - connect to internet to try again?