Kyk hoe val die gate in die strate Kyk hoe val die lig wat ons gemaak het Kyk hoe val die pond, vir 'n bietjie grond Dis mos nie gesond Kyk hoe val papierpoppe van ouds af Kyk hoe val hul wetend in gemeen Kyk hoe val daai boom, dis pappier vir droom Sonder om te skroom Is dit normaal my ding Kyk op nie ondertoe Is dit normaal my kind Ons elkeen sukkel voort Om 'n bestaan te vind Jou plek hier in die son Is dit normaal, ek dink Miskien is dit net wind Kyk hoe val die son se sagte strale Kyk hoe val die mis deur die donker blare Kyk hoe val die reën, saggies om my heen Op dit wat sal bly staan Kyk hoe dein die branders op die vlaktes Kyk hoe skyn die maan se glimlag deur Kyk hoe styg 'n arend met sy vlerke sweewend Ten spyte van die weer Kyk hoe kry my drome dadelik vlerke Ek kyk weer me die oë van 'n kind Kyk hoe draf ek ligvoets sonder al die perke Na dit wat ewig is Is dit normaal my ding As ek die wêreld vind Wat is normaal my kind Wat sal dit my tog baat Al sou dit als vergaan Daars een ding wat bly staan Dis nie normaal, ek dink Die wêreld maak mens blind Kyk hoe kry my drome dadelik vlerke Ek kyk weer me die oë van 'n kind Kyk hoe draf ek ligvoets sonder al die perke Na dit wat ewig is Dis my normaal Dis my normaal Dis my normaalOpen Now Thy Gates of Beauty Бен сьоз етмеден, бени езгилерле джоштун أستطيع كل شيء เรามาร่วมชุมนุมกัน علمني أن أثق بك Psalm 27 Я Раб, Дюшманларъм Чоалдъ 每天早晨都是新的 Прославь Иисуса прославь Господа Наш Господь добрый Отец
Song not available - connect to internet to try again?