Ek wil tyd maak om te droom, sit onder 'n boom, Opkyk na die wolke Kyk daar vlieg 'n voel, kyk daar val 'n veer, ...Kyk hoe daal hy Ek's lus om hier te wees, sommer net te wees Sommer net te droom, sommer net te sit Lekker net te wees, lekker in die gees ... Lekker net te droom, lekker net te bid Mmmmm, kyk hoe val daai veer Kyk hoe daal hy En kom le homself hier ... saggies neer Ons hou onsself so besig met dit wat ons nie wil nie Maar met dit wat ons glo ons moet Ons gee onsself so gretig aan alles en aan almal wat wil he Ons hou onsself so doenig met dinge sonder waarde Met dinge wat die siel laat boet ... Ek is nie so gretig nie ... hm, hm... wie se Wie se ek is lus vir die gejaag na wind Wie se ek wil glo aan die afsterf van die kind Wie se ek wil saamdraai met die tyd se wiel Wie se ek's tevrede met afskeeptydjies Afskeeptydjies vir die siel Kom ons word 'n oomblik net 'n bietjie stil Dink aan iets wat mooi is, doen iets wat ons graag wil Laat die wereld maar verby gaan, laat die mense ons maar mis Kom ons wees 'n oomblik ... net wie ons is Ons voed onsself met kos, ons voed onsself met drank Ons voed onsself met tv, ons voed onsself met junk Ons gee onsself aan plig, ons gee onsself aan vrees Ons gee onsself aan als behalwe om onsself te wees Afskeeptydjies, afskeeptydjies vir die siel Afskeeptydjies, afskeeptydjies vir die siel Kom ons word 'n oomblik net 'n bietjie stil Dink aan iets wat mooi is, doen iets wat ons graag wil Laat die wereld maar verby gaan, laat die mense ons maar mis Kom ons wees 'n oomblik ... net wie ons is Snaaks dat ons moet tyd maak, vir die dinge wat ons bly maak Vir die dinge wat ons heel maak, vir die dinge wat ons vrymaak Vir die dinge wat rerig saak maak, vir die ding wat die hart raak Vier die dinge wat jou, jou maak; vir die dinge wat my, my maak Afskeeptydjies, afskeeptydjies vir die siel Afskeeptydjies, afskeeptydjies vir die siel Kom ons word 'n oomblik net 'n bietjie stil Dink aan iets wat mooi is, doen iets wat ons graag wil Laat die wereld maar verby gaan, laat die mense ons maar mis Kom ons wees 'n oomblik ... net wie ons is (tussenspel / fluit) (tussenspel 2) Kyk daar val nog 'n veer ... Kyk hoe daal hy ... En kom le homself hier ... saggies neer, langs die ander veer ... Hey baby Skuif 'n bietjie nader ... En kom le jouself hier ... Saggies teen my neer Kom ons speel 'n bietjie veer-veer (instrumenteel - fluit)БИХ МОГЪЛ ДА ТЕ ХВАЛЯ ВЕЧНО Tu es digne Бога легко искать ạ̉tkl ʿlyk Kar'na KasihNya Padaku Ya Ubangijinmu, Dube Mu Duk Yanzu fy kl nsmẗ ṣbḥ أنا عايز أوفي بوعدي yạlly̱ ḥbytny̱ Yordam ber
Song not available - connect to internet to try again?