Daar's dinge waaroor ek wil fluister Daar's dinge waaroor ek wil skree Daar's dinge waaroor ek wil stilbly (Ek vra maar net) Oe-hoe-hoe, hoe maak ons die wêreld mooi? Oe-hoe-hoe, hoe maak ons die wêreld mooi? Kyk hoe lekker speel die kinders Hulle het geen idee Binne hulle lê die stilbly reeds, die fluister en die skree Kyk maar na die tuin van Eden Wat het nou weer daar gebeur? Wie't nou weer die eerste hap gevat; was dit 'n appel of 'n peer? Oe-hoe-hoe, hoe maak ons die wêreld mooi? Oe-hoe-hoe, hoe maak ons die wêreld mooi? Die een ou vat 'n pil Die ander ou vat 'n dop Ek raak maar net stil en chil in die hangmat in my kop Daar vind ek weer die hemel Daar vind ek weer die hoop Daar vind ek weer die blommepaadjies waar kinders kaalvoet loop Oe-hoe-hoe, Hier binne is die wêreld mooi? Oe-hoe-hoe, Hier binne is die wêreld mooi? Maar daar buite is die land van Babel Wat het daar verkeerd gegaan? Wat is dit met Kain en Abel, dat die een die ander dood wil slaan Kom ons hou maar net 'n party Hou mekaar 'n bietjie vas Laat mekaar weer voel, hoe dit voel toe die wêreld mooier was Die ene bring 'n bietjie charcoal Die ene bring 'n bietjie wors Die ene bring 'n bietjie bier, bring nog, want ek is 'n bietjie dors Oe-hoe-hoe, hoe maak ons die wêreld mooi? Oe-hoe-hoe, hoe maak ons die wêreld mooi? Die Woord se God is liefde Onsigbaar - Hy is Gees Maar hoe maak ons die liefde dan sigbaar in die vlees Ons vat mekaar se hande Dan los ons al die strooi Dan wys ons vir al die lande Hoe maak ons die wêreld mooi Oe-hoe-hoe, hoe maak ons die wêreld mooi? Oe-hoe-hoe, hoe maak ons die wêreld mooi? Oe-hoe-hoe, kom ons maak die wêreld mooi Oe-hoe-hoe, kom ons maak die wêreld mooi Daar's dinge waaroor ek wil fluister Daar's dinge waaroor ek wil skree Daar's dinge waaroor ek wil stilblyՔեզ Միայն Պիտ Փառավորեմ Ƙauna, Biyayya Магтан дуулъя قيىن بولسا، جابىرقاساڭ Obeta srdca Все ко благу Tahtosi, Herra, tapahtukoon Бұл өмірдің жұмбақ сыры Через вечность простираюсь я к Тебе Bunătatea Ta eternă
Song not available - connect to internet to try again?