As jy wonder of jy 'n kind van God is En wil weet of jy binne Sy gebod is Toets jouself en gaan lees Daai stukkie oor die vrugte van die Gees Maar voordat jy verdwaal in wette en in pligte: 'n Boom word bepaal deur sy vrugte Brommers kan nie heuning maak soos bye nie En perdedrolle is nie vye nie As jy wonder of die Here in jou woon Sit Hy rerig op jou hart se troon Kan die wereld Sien Hy is jou Pa En wys dit in die Vrugte wat jy dra As jy wonder wat - vat die Boek en lees Daai stukkie oor die vrugte van die Gees Liefde, Vreugde, Vrede, Geduld Vriendelikheid, Goedhartigheid, Getrouheid, Nederigheid en Selfbeheersing As jy wonder: is jy Kiet of is jy Kees Is jy 'n man of is jy 'n makkatees Brommers kan nie heuning maak soos bye nie En perdedrolle is nie vye nie As jy wonder - vat die Boek en lees Daai stukkie oor die vrugte van die Gees Liefde, Vreugde, Vrede, Geduld Vriendelikheid, Goedhartigheid, Getrouheid, Nederigheid en Selfbeheersing Ja brommers kan nie heuning maak soos bye nie En perdedrolle is mos nie vye nie Wie is jy, wie is jou Pa En wys dit in die Vrugte wat jy dra As jy wonder - vat die boek en lees Weer daai stukkie oor die vrugte van die Gees Kom dan en sê vir my Is jy 'n brommer, of 'n by Kom dan en se vir my Is jy 'n drol, of 'n vy? En wil jy so bly?Жизнь прекрасна только с Богом Jesu kjærlighet er så underbar يا قلبي ตลอดไป Daromná je chvála Herkesin derdi var Do Pana ręce podnieśmy swe Вечір Je zázračná rieka JESUH VAILAMTAH
Song not available - connect to internet to try again?