Sing vrolik, hef die stem na bowe; Regverdiges, verhef die HEER! Dit pas opregtes God te lo-we en uit te jubel tot sy eer Laat die psalmgesange -/ stem van sterk verlange om die HEER te dank - by die smeltendsko-ne / harp- en siterto-ne, liefde- en lof verklank! Hy min die reg in alle dinge, want enkel waar en reg is Hy; tot by die aard' se verste kringe sien ons sy goedheid uitgesprei. In sy alvermoë / het Hy hemelboë deur sy woord gestig; deur sy Gees 'n gan-se / leërskaar van glanse skitt'rend aan laat lig Die HEER se woord is skeppingsmagtig wat lewe uit die dood gebied. Hy spreek - dit staan daar lewenskragtig, Hy roep net en dit het geskied. Nasies en tiranne / smee verniet hul planne in die vlam van haat. Hy wat groot van mag is, / weet wat daar bedag is en verbreek hul raad.Divino Espiritu De Dios ٴتاڭىرىم سەنىڭ رۋحىڭدى اڭسايمىن Дайте мені крила Jeg er svak som et siv Pane, vieru daj كۉن سايىن سەنى چاقىرام Sei qui per me Мен Сени көрүшүм керек El Manto Бахт фақат осмонда
Song not available - connect to internet to try again?