Soek in God jou sterkte; kry by Hom jou krag; met sy wapenrusting klee Hy ons met mag. Nie teen medemense is ons worstelstryd, maar ons veg teen Satan en sy sluwe listigheid. Hy stuur bose magte in die wêreld in, maar met God se wapens kan ons hul oorwin. Waarheid en Gods vryspraak hou ons op ons pos, dan klink bly die boodskap dat die Heer verlos. Ons geloofsvertroue is 'n skild wat keer - daarmee kan ons elke brandpyl van die Bose weer. Ons bly van verlossing altyddeur bewus en met God se swaard, sy woorde, toegerus. Doen dit alles biddend, soos die Gees ons lei. Laat ons altyd waaksaam en gelowig bly! Almal wat bly volhou, saam bly bid en werk deel in die geheim van God se koninkryk en kerk. Hy maak ons vrymoedig, swakkes gee Hy krag - met sy wapenrusting klee Hy ons met mag!Гел, Раб'бим Иса, гел долаш бени Boh je záštita moja Перед Новим роком Хачу Табе сьпяваць Мен үчүн кымбат СЛАВА, СЛАВА НА БОГА Раб'бе шюкредин, чюнкю ийидир Kumsawt Pielgal Ah Beni uzakta gördün Дръж ме близ при кръста
Song not available - connect to internet to try again?