Die Heiland is gebore, soos eeue reeds voorspel. Daar in die stad van Dawid word Hy Immanuel. Met blye hemelkore wil ons ook juig en sing: Ons Heiland is gebore - dis Hy wat redding bring! Die Lig kom na die wêreld in Jesus Christus, Heer. Uit liefde vir die mensdom daal Hy as dienskneg neer. So lief het God die wêreld, Hy gee vir ons sy Seun - só word Hy ons Verlosser, ons Middelaar en Steun. Wie glo in Jesus Christus, word nou sy eiendom. Hy gee die reg tot kindskap aan dié wat glo in Hom. Juis daarom juig ons harte opnuut dié Kersfeestyd: Ons Heiland is gebore - vertel dit wêreldwyd.Ночью новогодней เรากราบนมัสการ Down at Your feet على المسيح قوتي Аяъм Кайъйор U stóp Twych świętych korzymy się wraz ạ̉bạnạ ạldẖy dh yswʿ dh gẖạly วันเอ๋ยวันเวลา ما أحلى السجود Он нас зовёт к Себе
Song not available - connect to internet to try again?