Die Heiland is gebore, soos eeue reeds voorspel. Daar in die stad van Dawid word Hy Immanuel. Met blye hemelkore wil ons ook juig en sing: Ons Heiland is gebore - dis Hy wat redding bring! Die Lig kom na die wêreld in Jesus Christus, Heer. Uit liefde vir die mensdom daal Hy as dienskneg neer. So lief het God die wêreld, Hy gee vir ons sy Seun - só word Hy ons Verlosser, ons Middelaar en Steun. Wie glo in Jesus Christus, word nou sy eiendom. Hy gee die reg tot kindskap aan dié wat glo in Hom. Juis daarom juig ons harte opnuut dié Kersfeestyd: Ons Heiland is gebore - vertel dit wêreldwyd.Авралын минь Хад wạtẖq ạny̱ ạbn lyk Ótti, mine taǵy bir kún Sevginin Enginliği Quiero Cantar Una Linda Cancion Ҹан бəхш ејлəди Мой Бог прекрасный ليلة تسبيح Domnul e al meu Păstor KHRIH NA HLAWT KO RIH
Song not available - connect to internet to try again?