Eer aan die Vader, wat alles gemaak het; eer aan die Seun, ons Verlosser en Vriend; eer aan die Gees wat ons lei in die waarheid - aan God Drie-enig ons lof en ons lied. Ere aan God! Die Heer van alle here woon ook in ons deur sy Woord en sy Gees Gee ons die liefde, geloof en vertroue om u gehoorsame kinders te wees. Heiland, aan U al ons dank en aanbidding U het kom soek, ons van sonde gered. Deur u verdienste kom ons na die Vader; hoor Hy sy kinders se lied en gebed. Ere aan God! Die Heer van alle here woon ook in ons deur sy Woord en sy Gees Gee ons die liefde, geloof en vertroue om u gehoorsame kinders te wees. Wek in ons liefde, o Heer, vir u waarheid: Waarheid gee insig, versterk en maak vry. U is die Waarheid, die Weg en die Lewe: U woon in ons en laat ons in U bly. Ere aan God! Die Heer van alle here woon ook in ons deur sy Woord en sy Gees Gee ons die liefde, geloof en vertroue om u gehoorsame kinders te wees. Maak ons, o Heer, u getroue getuies dat ons met vreugde dit oral vertel: Christus, oorwinnaar oor dood en oor chaos. Hy ken ons nood, Hy kom red en herstel. Ere aan God! Die Heer van alle here woon ook in ons deur sy Woord en sy Gees Gee ons die liefde, geloof en vertroue om u gehoorsame kinders te wees. Heer van die skepping en Heer oor ons lewe: niks wat u aandag, u almag ontgaan. Groot is u werke, herskeppend u liefde; heerlik, o Heer, is u heilige Naam. Ere aan God! Die Heer van alle here woon ook in ons deur sy Woord en sy Gees Gee ons die liefde, geloof en vertroue om u gehoorsame kinders te wees.kynwnty ạlḥq fy ạlạ̉ʿmạq dāng zuò wán quán rén L'amico vero nntṣr bk Мо сарбозони Худованд Разве ты не знаешь Szczęśliwym już w mym Zbawcy teraz gẖạlbyn ạ̉ḥnạ byk ప్రేమా అనే మాయలో చిక్కుకున్న
Song not available - connect to internet to try again?