Here, hoeveel blye dae vloei soos strome kalm en rein, sonder kommer, sonder klae, vol van vreugde en sonneskyn! Word ek soms gekwel deur lyding, wil ek kla oor U kastyding, weet ek dis van korte duur uit my vreugde, net 'n uur. Skenk U nie in U ontferming meer as wat ek ooit verwag? Leef ek nie in U beskerming, in U liefde elke dag? Gee U my nie duisend kere, onverdiend U seën, Here? Selfs al moet ek leed verduur, bring dit se-ën op die duur. Van die velde, uit die strome, uit die dieptes van die see, uit die wolke, van die bome, deel U milde seën mee. Jaar en maand en dag en stonde, elke vlugtige sekonde het U liefde en U trou Steeds oor my die wag gehou As U guns ons hier benede sóveel lewensvreugde bied, watter saligheid en vrede sal ons eens by U geniet as ons deur U Gees se leiding, met die diepste hartsverblyding, van U, Heer, ontvang die kroon, voor U Heil'ge hemeltroon!Non è un segreto Куйланглар ва ўйнанглар يا رب يا منتهى آمالي حررتني پیدا شد منجی ما عیسی مسیح، پیدا شد يا مالي الدنيا Hrad prepevný je Pán Boh náš Not in Me BAWIPA CU A TUM THAN LAI
Song not available - connect to internet to try again?