Hoe lieflik is U wonings, HEER der leërskare! Hoe begeer my siel en hunker van verlange om na Gods woning op te gaan en in U tempel-poort te sta-an met jubelende lofgesange. My hart en vlees, o God, roep luid tot U wat leef, verlangend uit. Ek prys U daar met hart en vlees waar selfs die mossie tuis mag wees by u altare hoog verhe-we. Die swaeltjie is daar ewe tuis; 'n woning is vir my u huis waar ek bestendig met U lewe. Met al die mense gaan dit goed wat in u tempel U ontmoet. U maak vir hul fonteine oop wat deur die droë laagte loop, U stuur vir hul die vroeë reën. En nuwe krag ontvang hul weer van U in Sion, keer op keer, en uit u huis kom baie seën. Ek wil U, God Almagtig, prys wat soveel goeds aan my bewys. Almagtige, my God, my Heer, in wie se huis ek graag verkeer, hoor, luister tog na my gebede. Wees ons beskermer, Here, kom, sien ook na u gesalfde om. Gun ons u huis se heerlikhede. Liefs één dag in u tempel gaan as duisend dae buite staan. In God se almag lê ons krag, ons son en skild van dag tot dag. Die goeie word ons nie weerhou nie. Ons kan ons op sy trou verlaat, ons word nie in die steek gelaat as ons op Hom steeds bly vertrou nie. U goedheid sal hul vergesel wat hul vertroue in U stel.أولاد النور دول يا بختهم 2 Auren da Allah Ya Bada Ya Ce Babu Rabuwa Святый Святый Å hvor søtt det budskap klinger إلقاء 1 Venid oh pecadores No existen más motivos Jeg er frifunnet ХВАЛЯ ТЕ ГОСПОДИ whạnmlk ạrḍ ạlmwạʿyd
Song not available - connect to internet to try again?