Praat ek mense-, eng'letale, maar dis nie uit liefde nie, is my woorde hol simbole: klanke sonder melodie Al kan ek geheime uitlê, berge deur geloof versit, of al het ek al die kennis - sonder liefde is ek niks. Sonder liefde sal my gawes, al my ywer, my nie baat: Net die liefde, onbaat-sugtig, bly oorwin met goed die kwaad. Onreg kan dit nie verdra nie, dit is met die waarheid bly. Deur vergifnis, hoop, verwagting, kom die beste in ons vry. Al die tale, profesieë, met die tyd gaan dit verby. Net die liefde, die volmaakte, kom en sal vir altyd bly. Want geloof gee troos en rigting; na die toekoms reik die hoop - liefde is en bly die grootste: Liefde sluit die lewe oop.Теңир, ысмыңды биз даңктайбыз يا عجيب 但願我有翅膀像鴿子飛去 هل فيك يرون يسوع Sende Kalmak İsterim Gdy się zakończą cierpienia i łzy Doamne da-ne-nţelepciune Noi ştim că Domnul vine هل جئت ربي سيدي Behold the Lord upon His throne
Song not available - connect to internet to try again?