Met middernag word feest'lik weer verkondig dat God as mens neergedaal het op aard' om te bevry die mensdom van die sonde, sy volk te red van die dood en die smart. En nuwe hoop vervul die hele aarde toe daardie nag gebore is die Heer! Kniel voor Hom neer, kom lowe Hom na waarde. Dis Kers-fees, dis Kers-fees, die Heer - daal tot ons neer. Dis Kers-fees, dis K-e-rsfees, die Heer - daal tot ons neer. Met bly gemoed laat ons tesame nader na daardie krip van die heilige Kind. So het die wyse voor sy wieg vergader en, voortgelei deur die ster, Hom gevind. Ons kan Hom nooit na waarde prys en lowe: vir ons gebore en vir ons gely. Kom almal saam, verhef jul stem na bowe. Dis Kersfees, dis Kersfees, wat ons - aan Jesus wy. Dis Kersfees, dis K-e-rsfees, wat ons - aan Jesus wy. (...Opsioneel...) Dis Kersfees, dis K-e-rsfees, wat ons - aan Jesus wy.Әлихан қайда? Бог премудрый и святой я склоняюсь пред Тобой Keď súmrak halí stráne مذ ربي قد أكرمني Qudaı - qudiretti Qudaı ۇشۇل تويعو بەرسىن قۇداي باتاسىن lạ̉nh tmrmr qlby Rallegrati perché Когда огонь духовный не горит lạ tkẖf
Song not available - connect to internet to try again?