Middelpunt van ons verlange, U bring rus in ons gemoed Jesus met ons dankgesange loof ons steeds U liefdegloed Op ons diepbedorwe aarde het U, Heiland, neergedaal en vir elke skuldbeswaarde met U kosbaar bloed betaal Jesus, al u angs en smeking eensaam in Getsemane - dit was liefdevol bereken om ons ware rus te gee. Heer, U het, gedring deur liefde, self die kruis vir ons gedra. En U sterf - die Sondelose - in ons plek op Golgota. Heer, in liefde wek U liefde, U kom met ons vóór begin: U laat groei in ons die visie van 'n nuwe lewensin. U skenk nuwe inspirasie om te bid, te volg, te dien. Middelpunt van ons verlange, U het rus aan ons voorsien.LAWMHNAK THLAM KA LUNG CHUNGAH Ježišu, Ježišu Pan Bóg Twój idzie En el mar he oído hoy Линии сердца klmẗ ạllh Гьозлерими Далара Калдъръйорум Himno Al Espiritu Santo Явур вуза кIуразавуз روح الله ندعوك
Song not available - connect to internet to try again?