O Heer, uit bloed en won-de, uit kruishout haat en hoon blyk duid'lik hoe die son-de die liefde ru be-loon! U liefde bring genesing al is met U gespot. U liefde skenk vergewing, en wil versoen met God. Verlate van u vrien-de, verlate Wor-ste-laar; verlate van die Va-der verlate Mid-de-laar! Net pyn en dors en duister is by U in u nood; ontdaan van aardse luister, oorwin U tog die dood! U vasgenaelde han-de, U spiesverwonde sy spreek wyd oor alle lan-de: Só moes die Christus ly! Vervloek, om te ontson-dig, verlate, om te vind; moes sterf om te ver-kon-dig: Deur My word jy Gods kind. Ek dank U, Heer, van har-te dat U, Verlosser, Vriend, vir my die bitter smar-te gely het, on-ver-diend! Waar ek hier ook mag swerwe, dié troos sal ek behou dat as ek eenmaal sterwe, ek, Heiland, U aanskou.Gəl mənim Rəbbim zhè shì jiè fēi wǒ jiā Con Te Così come sei Сенда кимлигим билдим Asa cum sunt la Tine vin Vezmi chlieb, čo požehnal Kristus Pán Эзэний агуу хайрыг хүсэмжлэгч хүн Matúškova كلامك يريح
Song not available - connect to internet to try again?