Op berge en in dale, en oral is my God; Waar ons ook telkemale Mag swerwe, daar is God ! Waar ons gedagtes swewe of styg, ook daar is God; Omlaag en hoog verhewe - Ja, oral is my God ! Sy troue Vaderoë sien alles van naby; Ons leef uit Sy vermoë - Word deur Sy Gees gelei. Die swaeltjies behoed Hy, Beklee met gras die dal; Die kleinste wurmpie voed Hy, Sorg vir die Groot Heelal. (Gaan vers 4 toe) Die diere op die aarde, Die visse in die see, Die mossie en die arend, Die blomme, veld en vee, Met al Sy ander werke, Verkondig dag en nag Sy goedheid sonder perke; Die Grootheid van Sy Mag. Roem, Christen, heel my lewe Is veilig in my God; Waar alles my begewe, Of waar ek ly, is God; Waar troue vriendehande Nie red nie, daar is God; Selfs in die dood se bande - Ja, o-ral is- my- God !صوتك يا يسوع دۉينۅ جۉزۉ القىشتايت Consuming Fire Мен сенга керакман сен менга керак Fuente de la vida eterna Если в жизни у тебя тоска Рано Христу отдай себя ạlmḥbẗ Ja Kristov som Господь все собрались мы здесь
Song not available - connect to internet to try again?