Welkom o stille nag van vrede, Onder die suiderkruis, Wyl stemme uit die ou verlede Oor sterrevelde ruis. Kersfees kom, Kersfees kom Gee aan God die eer. Skenk ons 'n helder Somerkersfees In hierdie land, o Heer. Hoor jy hoe sag die klok ke beier in eeue-ou e taal. Kyk, selfs die nagtelike swye vertel die ou verhaal. Kersfees kom, Kersfees kom Gee aan God die eer. Skenk ons 'n helder Somerkersfees In hierdie land, o Heer. Voel jy ook nou Sy warm liefde As ons die dag gedenk, Toe Hy sy Seun aan ons gegee het Ons grootste Kersgeskenk. Christus kom, Christus kom Gee aan God die eer. Skenk ons 'n helder Somerkersfees In hierdie land, o Heer. Skenk ons 'n helder Somerkersfees In hierdie land, o Heer.King of Glory Sonsuzluk Çarmıhında Хава нагила Ku komu pôjdem ạ̉smʿny̱ lmrẗ tạnyh Все одно так любиш (Джоана Клименкова & Олег Клименков) Инандъм Тек Танръ'я พระเจ้าแห่งฟ้าสวรรค์ Өлүмдөн сактап калды Кудайдын ырайымы Chcę kochać Ciebie, Boży Synu
Song not available - connect to internet to try again?