U liefde kleur die blou-blou helder hemel U goedheid rys die dagbreek oor die see U almag blink in maanlig oor die berge Die skoonheid van U skepping sleur my mee U glorie sprei in vlerke van 'n arend Genade sweef in wolke hoog en vry Die skepping sing vir my gewone sterfling Die Skepper God se liefdeslied weerklink in my Ek sien die kruis ek volg U spoor na Golgota Ek sien die kroon die dorings wat U dra Ek kniel hier neer om nederig en dankbaar Vergifnis vir my sondeskuld te vra Ek ken die kruis ek ken die Man van smarte Ek voel U pyn, U liefdesbloed bevry En van die kruishoutkoppie styg die note Die Lam van God se liefdeslied weerklink in my Wat is die mens dat U oor hom sou glimlag En wie is ek dat U vir my sou kom Hoe groot U liefde, grenslose genade Die Lam van God se liefdeslied weerklink in my Hoe groot U liefde, grenslose genade Die Lam van God se liefdeslied weerklink in my Van krip tot kruis weerklink U liefdeslied vir myJesús es mi Pastor, conmigo está Часто жизнь бросает как ладью волной Búkil álemniń Iesi Я хочу чтоб не линяла Краска шелка щек и неба Shox liboz قد فرح قلبي Ingat akan Nama Yesus Как плывут облака в небе синем Deep Calls To Deep Viens, ô Jésus, ton Eglise t'appelle
Song not available - connect to internet to try again?