Ek wens ek het geweet wat in die toekoms lê ...Ek wens ek kon die wenpaal nou al sien. ...Ek wens ek het geweet, Maar die pad is lank en breed, En die toekoms: vaag en vol "miskien." ...Kyk hoe lyk my boek met al sy blaaie: Uitgekrap, oorgeskryf, geskeur. ... Hoekom loop die lewe soveel draaie?. Waar gaan alles heen? Tyd sal leer. Ek weet wat Ek vir jou beplan het. Ek weet daar is 'n toekoms vol van hoop. Ek weet daar's onkruid op die lande, Maar die oestyd is oppad - jy kan dit glo. Ek weet daar's dorings in die rose. Ek weet dis die pad wat jy moet loop. Ek weet dat selfs ook in die brose, Is daar liefde en geloof, en daar is hoop. Het jy geweet die dag toe jy gebore is, Het engele rondom jou kom dans, Oor die lief en leed wat jou beskore is: ... Elke lag en elke traan. Weet jy hoekom jy so bietjie anders is - Anders as die ander rondom jou? Net soos daar dolfyne in branders is, So baljaar die Gees van God in jou. Ek weet daar's dorings in die rose. Ek weet dis die pad wat jy moet loop. Ek weet dat selfs ook in die brose, Is daar liefde en geloof, en daar is hoop Hy sal jou lei. Hy sal jou leer. Hy sal die pad met jou loop. (Breakdown) Ek weet daar's dorings in die rose. Ek weet dis die pad wat jy moet loop. Ek weet dat selfs ook in die brose, Is daar liefde en geloof, en daar is hoop.......(einde Breakdown) Ek weet daar's dorings in die rose. Ek weet dis die pad wat jy moet loop. Ek weet dat selfs ook in die brose, Is daar liefde en geloof, en daar is hoop Liefde en geloof, En hoop.Yeni Bir Ezgi Söyleyin БУ ҜҮН ОЛАН ТОПЛАНТЫЈА Rəbb Allahım heyranlıq mən duyuram Не просто петь слова Vieni a Gesù Stand pe promisiunile lui Hristos Istenünk, szent vagy Mira i campi Հիսուսի Սերը Մեծ է Անսահման Hoy es el día que creó
Song not available - connect to internet to try again?