Hoe lieflik is U wonings, HEER der leërskare! Hoe begeer my siel en hunker van verlange om na Gods woning op te gaan en in U tempel-poort te sta-an met jubelende lofgesange. My hart en vlees, o God, roep luid tot U wat leef, verlangend uit. Die mossie vind 'n huis, o HEER, die swaeltjies lê in nessies neer; en ek vind rus by u altare, waar U vir my 'n woning maak en U, my Koning, my bewaak. Gedugte HEER der leërskare, welsalig wie in u paleis U altyddeur mag loof en prys! Welsalig is die mensekind wat al sy sterkte in U mag vind, en op mag gaan na Sions hoogte. Wanneer hul haas van dors verkwyn, dan is die HEER self hul fontein waar dorsland smag van somerdroogte. Ook sal 'n reën hul daar oordek wat hul tot nuwe lewe wek. 'n Son en skild is onse HEER; Hy sal genade gee en eer, want Hy word nooit sy woord ontrou nie: Hy sal aan almal wat opreg Hom dien en wandel in sy weg, die goeie nimmermeer onthou nie. Welsalig, HEER, wie op U bou, aan U geheel hom toevertrou.Jesus, I my Cross Have Taken Добровольцы мы Nous venons en ton nom قۇداي ساعان تابىنامىن Śpiewaj cały dzień la tierra canta nḥnạ klnạ ʿylẗ Вот и вы уж вдвоем свою тропку нашли ومهما تكونى حصينة Еј Аллаһым, мəнə гүввə вер һəјатда
Song not available - connect to internet to try again?